Stoksiel Alleen

Show Times

Timezone: SAST [UTC+2]
Sat:
21:15 - 22:59
[ - ]

About the Show


Was jy al ooit stoksielalleen op ʼn Saterdagaand?

Wel, ek was ook al ʼn paar keer daar – daar waar ek verlang na beter dae. Daar is ook tye waar ek tussen soveel mense is en tog so alleen en eensaam voel; dit is ʼn gevoel wat mens nie regtig kan beskryf of kan deel met iemand nie. Stem jy saam? Dan is my program, Stoksielalleen net vir jou. Kom kuier saam met my;  maak nie saak wat die rede van jou alleenheid is nie, dit is die regte plek om te wees.  Sommer net soos jy is.

Tussen alles deur: so tussen die alleen wees en jou seer – of dalk vreugde, is daar iets waaroor ek en jy kan gesels.  Met ʼn enkele woord vat ons die pad van hier tot iewers waar die pyn nie meer so tasbaar is nie.  Ons krap tussen die ou liedere van lank gelede tot waar ons vandag is en dan draai ons daar waar seer nie meer ʼn houvas het nie.

Aan die einde van die aand, hoor ons duidelik wat Vader ons leer.  Ek wag vir jou… iewers tussen hier en daar – Stoksielalleen.

No Responses

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *