Vertrou op die Here met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. Ken Hom in al jou weë dan sal Hy jou paaie gelyk maak.

Spreuke 3:5-6

Dit is nou presies ek daai: probeer altyd om self alles uit te figure. Hoe gaan hierdie jaar wees? Hoe hanteer ek dit?

Vandag hoor ons, ons dogter en haar gesin wil New Zealand toe trek. Nou hoe figure mens dit uit? Dis net trane, giftige en kwade gedagtes en vrae, vrae, vrae. Ek kan dit net nie uit figure nie. Tog weet ek, al wat ek moet doen is trust. Nee wag, meer as net trust! Trust in GOD! Trust God from the bottom of my heart.

 My emosies hol met my weg. Alles voel so deurmekaar. Onwerklik. Here, niks maak sin nie! Hoe gaan ek cope? Gaan hulle okei wees? Wat van die kleinkinders? Dink die kinders daaraan? Alles is so anders daar. Besef hulle daai mense is Ingels? Wat as die vreemde hulle bang maak? Het hulle dit self uitgefigure?  Al die vrae maal oor en oor in my kop. Dit voel kompleet soos wurms wat heeltyd aan my gedagtes vreet, vreet, vreet. Dit is besig om my heeltemal mal te maak!

Hoe maak ek nou?  Hoe kom ek by die trust from the bottom of my heart uit? Selfs die Here se stem het stil geword – of so voel dit vir my.  Miskien praat Hy tog met my, maar ek is te besig om dit self uit te figure.  Met wie praat ek?  Orals waar ek kom, reken die liewe mensdom dat hulle ook kwansuis upset sou wees. Hoe maak hierdie chaos enigsins sin?

TRUST!  TRUST!  TRUST.  Al wat ek het om op te staan, is die WOORD.  Ek weet ek moet luister na Vader se stem.  Help my, HERE.

Trust God from the bottom of your heart; don’t try to figure out everything on your own. Listen for God’s voice in everything you do, everywhere you go. He’s the One who will keep you on track.


Proverbs 3:5-6 MSG

Belofte:

Hierdie is alles ʼn nuwe journey.  Dit mag dalk nie maklik wees nie, maar dit is moontlik.  Luister net na die stem van die Here – deur alles.  Hy is die een wat jou op track sal hou.

Gebed:

Here, help my om ten volle op U te vertrou en om nie alles self te probeer uitfigure nie.  Amen

Tags:

No responses yet

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *